Uit die hoof se kantoor

Uit die kantoor

Ons Skoolhoof nooi jou uit!

Jy kan nie anders nie as om op­gewonde te raak oor die aanbreek van ‘n nuwe fase in jou lewe. Jy het nou die geleentheid om opnuut te fokus en te besef dat jy met die aanbreek van die nuwe hoërskoolfase ‘n kans kry om nog meer te leer, te groei en om jou ware roeping te vind.

Jy kan kies om positief en gelukkig te wees.
Jy kan kies om meer te lag.
Jy kan kies hoe jy jou tyd wil deurbring.
Jy kan kies om in ‘n skool te wees waar akademie, sport en kultuur gebalanseer beoefen word.

Ons glo dat ons leerders gelukkig moet wees en die lewe moet geniet terwyl elkeen sy/haar volle potensiaal sal ontwikkel en die beste jy sal wees wat jy moontlik kan wees. Jou keuse vandag bepaal jou môres. Jou keuse bepaal waar jy die volgende vyf jaar van jou lewe gaan deurbring. Wat ‘n verantwoordelikheid!

Ons waardes wat ons nastreef, vorm die kern van al ons aktiviteite. Ons handhaaf ‘n ontspanne atmosfeer van omgee, pret en harde werk binne ‘n milieu van gedissiplineerdheid.

Sterkte met jou keuse. Ons sien uit om die pad saam met jou te stap. Kom saai hier en jy sal oorvloedig oes. JF maak die verskil. JF is meer as net ‘n skool, dit is ‘n leefwyse.

Kom… gee jouself en hier sal jy in tienvoud terug ontvang.

Matt. 13:3 en 8
“‘n Saaier het uitgegaan om te saai…
‘n Deel het op goeie grond geval en vrug opgelewer – een honderd – die ander sestig – die ander dertigvoudig.”

Mnr. S. Malherbe

Skoolhoof

schalk@jf.co.za

Kontak ons

Tel: 051 502 1760/1

Adres: Lilaclaan Gardeniapark
Bloemfontein, Free State 9301

Vir Hoërskool Jim Fouché aansoekvorms, kontak:

1 + 11 =