2011 was vir die koshuis ‘n besondere jaar. Vir ‘n groot deel van die jaar was die koshuis vol met 47 seuns en 28 dogters. Die ouers het baie moeite gedoen om die koshuis te verfraai. Baie dankie in die besonder aan mev. Hester Cronje en Santie Rautenbach wat leiding geneem het met die verfraaiing van die koshuis. Baie dankie aan die koshuiskomitee wat baie moeite met die bestuur van die koshuis doen. Ook aan mnr. en mev. Roux wat vir die eerste ses maande as koshuisouers opgetree het. Ons heet mnr. en mev. Arnold as nuwe koshuisouers welkom en hoop dat u die tydjie in die koshuis sal geniet. Ons sien baie uit na ‘n opwindende 2012.