Tuisblad Akademie Kultuur Sport LOO Alumni Klub 500 Koshuis Argiewe
             
 
Prysuitdeling-kriteria
Oefensentrum
potspel
Atletiek
Buite skoolverband
Golf
Hokkie
Krieket
Netbal
Pluimbal
Rugby
Skaak
Swem
Tafeltennis
Tennis
Trompoppies
Veelkamp
Interskole
   
SPORTINSTITUUT  
     
 

Hoof: Millie van Wyk
082 567 0760

millie@jf.co.za


Die DIY-Oefensentrum is in volle werking.  Verskeie werkswinkels is vir ons afrigters aangebied.  Sportwetenskap is vir alle gr.8- en 9-leerders aangebied.  Sportwetenskap is ook as buite-kurrikulêre vak vir gr.10 tot 12 aangebied.  Die Sportinstituut beskik oor `n rehabilitasiediens vir alle beserings, onder die wakende oog van 'n biokinetikus en fisioterapeute. Die meeste van ons sportspanne ontvang tans kondisioneringsprogramme in hul "afseisoen" om vir die liga voor te berei.  Spanne word ook in "seisoentyd" opgevolg.  Verskeie van ons leerders oefen ook as individue onder toesig.

 
     
 


Personeelbesonderhede:

Jaco Kotze JF Biokinetikus 082 941 9317
Tiaan Steyn Rugby Biokinetikus 083 501 0516
Luan Smit Hokkie Biokinetikus 083 293 1269
Danelle Greeff Hokkie Assistent Biokinetikus 082 414 5797
Jaco Ebertson Atletiek Biokinetikus 079 931 6683
JP Oosthuizen Rugby Assistent Biokinetikus  
Nadia Eksteen Visie terapeut 072 925 3279
Johan Human Fisioterapeut 083 228 1153

Tye:

Maandae 12:00 18:30
Dinsdae 07:00 – 18:30
Woensdae 12:00 – 18:00
Donderdae 07:00 – 18:30
Vrydae 11:00 – 16:00
Skooleksamens 10:00 – 15:00
Skoolvakansies Slegs op bespreking
Publieke vakansies Slegs op bespreking

Kostes:

Fooie is R500 per jaar.
Fooie kan vir die jaar betaal word of R250 tydens Januarie en R250 tydens Julie.

Johan Human Fisioterapie

Fisioterapiedienste behels onder andere evaluering en behandeling van:
• akute beserings,
• chroniese toestande soos rugpyn, nekpyn en hoofpyn asook kleiner beserings wat gereeld voorkom,
• postuurprobleme en
• post-operatiewe rehabilitasie.

Die eerste afspraak sluit ’n volledige evaluering in en die behandelingsplan sal daarna in oorleg met die pasiënt bespreek word. Mediese fonds tariewe word gehef en vir die pasiënt se gerief kan hierdie eise namens die pasiënt gedoen word. Afslag sal egter toegestaan word aan pasiënte wat kontant betaal en self hul eis wil indien by die mediese fonds. Afsprake moet asseblief telefonies gemaak word. 083 228 1153.