Tuisblad Akademie Kultuur Sport LOO Alumni Klub 500 Koshuis Argiewe
             
 
Personeel
Geskiedenis
Skooldrag
Multisentrum
Inskrywingsvorm
Kontak ons
       
  Skakelbord:
Inskrywings:
Finansies:
Samba navrae:

051 502 1760/1
051 502 1762
051 502 1771
051 502 1778

 
       
  admin@jf.co.za  
  hoof@jf.co.za  
   
PERSONEEL  
 

Die vertrek van die skoolhoof, mnr. A. van Wyk, hoof vir 17 goue jare, het sekerlik 'n onrustigheid en hartseer vir ons gebring. Ons wil dan ook hierdie jaarverslag aan mnr. A. van Wyk opdra en hulde aan hom bring vir die erfenis wat hy aan ons nagelaat het. Ons opregte dank aan hom in die besonder, wat ‘n groot deel van sy lewe daaraan gewy het om Jim Fouché ‘n beter plek vir ons leerders en ouergemeenskap te maak. Ons vertrou dat hy die nuwe tydvak in sy lewe, wat met sy aftrede aangebreek het, sal geniet en dat hy vir baie jare met goeie gesondheid geseën sal word en sy welverdiende rus sal geniet.

Ons wil me. Ann Pieterse en Petro Human hartlik bedank vir hulle besondere bydraes en dat hulle weer bereid is om in te staan na die vertrek van me. C. de Witt en me. E. Swanepoel se siekverlof.

Jim Fouché se sukses kan grootliks toegeskryf word aan ‘n uitmuntende span onderwysers en ons dank hulle vir hulle harde werk. Baie dankie aan elkeen vir wie JF meer as net ‘n werkplek is.

Desideruis Erasmus het gesê: “Om onderwyser te wees is om koning te wees, sonder kroon of koningsgewaad, wie se ryk nooit van hom ontneem kan word nie omdat sy koninkryk in die harte van kinders is.”

 
     
 
Christelle Barnard

As ‘n Engelse juffrou hier by JF kry ek al 6 jaar lank die geleentheid om my liefde vir kinders en die onderwys uit te leef. Ek help met tennisafrigting en het ook die voorreg om met jong leiers te werk en te sien hoe hulle ontwikkel en hul potensiaal bereik. So tussendeur die skoolhouery, merkery en ander skool dinge, is ek mal daaroor om te lees, te gaan fliek en tyd saam met vriende en familie te spandeer.
 
   
Ronel Jenkinson

‘n Interessante, kosmopoliaanse, energieke – uitgaande persoonlikheid . . .vermeng met ernstig – intense oomblikke uitgedruk in introspeksie, stilwees en luister. My lewe moet harmonie hê.

My gunsteling vak: Engels
Gunsteling dag: Sondag
My Passie: Die Kaap, kunsflieks, lees, opera, klasieke musiek en Earl grey tee.

Heel bo-aan my lys: Naas God my man Alf
 
   
James Taylor

Gee Rek vir graad 10 – 12
Hoof van Koshuis
Betrokke by swem en tennis

My vak: Rekeningkuunde
My gunsteling dag: Saterdag
My gunsteling klas: Klas wat hard werk
My Passie: Sport & Musiek (harde musiek)
 
   
Raymond Dean Hiscock AKA Rambo

My vak: Tegnologie
My gunsteling dag: Elke einde van die maand
My gunsteling klas: Huishoudkunde klas
My passie: 2 step
 
   

Betsie Magnus

Ek is ‘n kort vroutjie met ‘n groot hart.

My gunsteling dag: elke dag waarop leerders my ekonomiese vrae kan antwoord.
My gunsteling klas: Die klas waarin julle was (julle sal weet wie julle is!)

My passie : Om my Vader se instrument te wees om stukkende, jong harte te probeer heel maak.

“You can find inspiration in everything.  If not, look again!”  Paul Smith
Wees alles wat jy kan wees.  Sefanja 3:17

   
Fanie Schoeman

12de jaar in die onderwys
Sport afrigter: Rugby o/16A
Krieket o/16A

My vak: Afrikaans
My gunsteling dag: My verjaarsdag
My passie: My gesin
 
   
Eleanor Smit

Ek is al die afgelope 22 jaar deel van die JF se personeel. Wat ‘n voorreg! Ek het aanvanklik musiek gegee, maar gee sedert 1999 Engels

Never underestimate the influence of a caring teacher.
Teachers affect eternity; they can never tell where their influence stops.
 
   
Marisa Smith

Science is 99% prespiration and 1% inspiration.
 
   
Schalk Malherbe

My vak:  Wiskunde
My gunsteling dag: Vrydag
My gunsteling klas: Gr 12 My Passie:  Kinders
   
Carina van der Merwe

Ek is ‘n grafiese ontwerp – kuns Juffrou – ontwerp Juffrou – DIY’er – kunstenaar

My vakke: KK Gr 8 & 9, Kuns en Ontwerp Gr 10 – 12
My gunsteling dag: Vrydae
My gunsteling klas: Gr 12’s
My Passie: My man, my honde & kuns
 
   
Millie van Wyk

Sport organiseer is my passie. Ek doen beslis voor ek dink. My karakterstyl is die van ‘n roosboom en my gesagsstyl ‘n kombinasie van ‘n snoeiskêr en ‘n handskoen
 
   
Irene Raath

Ek het ‘n passie vir die lewe en glo dit of nie ek is verslaaf aan die energie van jongmense. Die Skepper en sy natuur gee sin aan my lewe. Ek is gelukkig omdat my stokperdjie en liefde vir lees my werk geword het. Alles in my vak is interessant, maar die kreatiewe skryfwerk geniet ek die meeste.

Sêding in die klas: Maak nie saak op watter taaltrappie jy sit nie – ek is lief vir jou.
 
   
Pieter Rossouw

Onderwyser, berader, afrigter, bestuurder, toesighouer, köordineerder, organiseerder.

My vakke: Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe.
My gunsteling dag: Saterdag
My gunsteling klas: Gr 12 ABDFGE
My Passie: Natuurlewe en omgewingsbewaring, hardwerkende leerders.
 
   
Deonette Basson

‘n Diep siel wat verslaaf is aan die fyner nuanses van die lewe maar ook soms ‘n rabbedoe – element openbaar. Ek hou van goeie geselskap rondom die nuus van die dag en dinge wat aan die lewe betekenis gee. Ek mis die Kaap, die see en die heuwels asook goeie padgebruikers. As jy ‘n koppie tee, ‘n muffin, ‘n Matthee-boek, ‘n Roodeberg, die Volksblad, ‘n lekker pastaresep, ‘n Rauch-CD en ‘n Stormer-foto in my Kerskous plaas, sal die uitdrukking op my gesig jou vertel dat my hart aangeraak is...

My vak: Afrikaans
My passie: Om soveel van my talente, belangstellings rondom die akademie, musiek en sport te kombineer.
 
   
Thea Bezuidenhout

As onderwyser is ek soveel meer as net ‘n rooi pen. Ek is ‘n praktiese en rasionele mens. Ek is toegewyd en glo dat harde werk meer as enige iets vrugte sal afwerp. My inspirasie kry ek in alledaagse dinge soos lekker kos en om inkopies te doen. Ek glo skoonheid gaan oor individualiteit en oor hoe gemaklik iemand met haarself is. Dit kom regtig van binne na buite. Dit kan nie andersom werk nie. My man en twee kinders gee sin aan my lewe en my geloof in God hou my staande.
 
   

Annatjie Human

In God is my vertroue,
In God is my hoop.

“Die ontdekkingsreis is nie om nuwe landskappe te soek nie, maar om nuwe oë te hê.”
Marcel Proust

“Elke kind is ‘n kunstenaar; die probleem is om een te bly as jy grootword.”
                                                                                    Pablo Picasso


 

   

Annemarie Malan

My hele lewe word deur passie gedryf. Ek is mal daaroor om met ons jeug te werk en put baie energie uit hulle passie vir die lewe. Ek het baie passies in my lewe.

P – Paul my man
A – Alles van my werk.
S – My Skepper wat so getrou bly – al is ons so baie ontrou
S – Sharks ( Ek hoef nie veel meer hieroor te sê nie)
I – Irmarie my jongste dogtertjie
E – Elizri my oudste dogtertjie

   
Alida Vorster
   
Babette van der Merwe
   

Ben du Plessis

Vak: Fisiese Wetenskap
Sport: Gholf

   
Berna Foot
   
Bonita de Waal
   
Gerhard Vosloo
   

Johnny Steyl

“Your key to freedom lies in your power to control your thoughts”

   

JP Botha

Verantwoordelik vir Geografie en Toerisme.
Atletiek: IAAF vlak 2 middel- en langafstande
             IAAF vlak 3 Kortafstande en hekkies

Swemafrigter vir veelkamp; Driekamp; Dubbelkamp; Tweekamp.
Fietsafrigting vir Veelkamp.

   
Leta Loubcher
   

Lizette van der Merwe

    1 cross
+  3 nails
   4 given

   
Marianna Wessels
   

Rothea Oosthuizen

Vak:  Rekenaar toepassings tegnologie
Hou van fietsry en die buitelewe.
Drink my koffie swart sonder suiker!

   

Melanie Brümmer

“Love life and you will learn to live”

Death is not the tragedy.  The tragedy is what we let die while we live.

   

Lood Groenewald

Aangename woorde is heuning,
soet en geneeskragtig vir die mens.

   
Renschie Heineman
   
Andriëtte Strydom
   
Liena van der Merwe
   
Johan van Zyl
   
Sonja van Zyl
   

Carin Venter

My Passie by JF

JFFJ:  Jim Fouché for Jesus
My Vak: Lewenswetenskappe
Elke leerder daarby betrokke, maak dit baie spesiaal.
My lewenspassie:  Wees in ‘n intieme verhouding met God – saam met die Vader, Jesus en Heilige Gees is ons meer as oorwinnaars!

   
Hans Grobler
   

Ina Fourie

“You’ve get to get up every morning with determination if you’re going to go to bed with satisfaction”

   

Anton Smit

   

Susan Nel

   

Jacques Roux