|
MATRIEKUITSLAE! Kliek hier vir die Matriekuitslae van 2011...
Ons skool het ‘n ryke tradisie van uitnemende akademiese prestasies en hier volg ‘n kort opsomming van dié uitslae:
• 100% slaagsyfer
• 361 onderskeidings
• Vakprestasies
Rekeningkunde: Eerste in die Vrystaat Fisiese Wetenskap: Derde in die Vrystaat Wiskunde: Vyfde in die Vrystaat (Ontvang R100 000.00)
• 11 Matrieks onder die top 50 leerders in die Vrystaat. (Getal onderskeidings in hakies)
Ettiene Purcell (8) Francelize Maartens (7) Pierre Rochér (8) Linandi Bezuidenhout (8) Riaan Ackerman (8) Jana Botha (7) Eduan Swanepoel (8) Chané Chappel (8) Madri Brink (9) Arina Neethling (6) Lize Botha (7)
• Ander toppresteerders (Getal onderskeidings in hakies)
Dinalize Dave (7) Ané J. van Rensburg (6) Christelle Fourie (8)
Hier aan die begin van die nuwe jaar wil ons graag melding maak van die pragtige prestasies wat gelewer is deur Hoërskool Jim Fouché se Matrikulante van 2011. Elf matrikulante was onder die top 50 leerders in die Vrystaat.
Voor: Links: Christelle Fourie (8 onderskeidings) Regs: Lize Botha (7 onderskeidings)
Middel: v.l.n.r: Dinalize Davel (7 onderskeidings); Madri Brink (9 onderskeidings); Linandi Bezuidenhout (8 onderskeidings); Mnr. Schalk Malherbe (skoolhoof); Chané Chappel (8 onderskeidings); Jana Botha (7 onderskeidings)
Agter: v.l.n.r: Ettiene Purcell (8 onderskeidings); Eduan Swanepoel (8 onderskeidings); Riaan Ackerman (8 onderskeidings); Pierre Rochér (8 onderskeidings)
Leerders afwesig van foto: Francelize Maartens (7 onderskeidings); Arina Neethling (6 onderskeidings) en Ané Janse van Rensburg (6 onderskeidings).
NUWE HOOFLEIERS GD Kotzé (Ondervoorsitter), Elizna Venter (Ondervoorsitter), Christelle Cilliers (Voorsitter), Hanco Buys (Voorsitter).
NUWE PERSONEEL Die volgende nuwe personeel het hulle hierdie jaar by die H/S JF aangesluit wat ons baie hartlik wil verwelkom. Voor: Mnr. Chester Meyer (Lewensorintering / Musiek) Agter: v.l.n.r: Mnr. Henri Wilken (Adjunkhoof /Wiskunde/Bemarking) ; Me. Zandri van Niekerk (Ondersteuningsdienste / RO) ; Me. Nerine Alberts (Student - Besigheidstudies); Me. Karlien van der Merwe (Engels)
SKAAK Links: Rachelle-Mari Voges van H/S JF het in Caldas Novas, Brazili aan die wreldjeug skaakkampioenskap deelgeneem. Sy het ook aan die Afrika-Jeug skaakkampioenskap in Lusaka, Zambi? deelgeneem. By lg. byeenkoms verower sy n silwer medalje en word die title Womans candidate master aan haar toegeken. Regs: Paul Bester (Seuns o/18) van H/S JF het gesamentlik derde gekom by die Suid-Afrikaanse skaakkampioenskap wat in Port Elizabeth gehou is.
TROMPOPPIES Die twee JF-leerders is tydens die Suid-Afrikaanse Trompoppieproewe , wat in Pietermaritzburg gehou is, in die SAMCA-span ingesluit. Links: Anna-Mart Oosthuizen Regs: Monet van Heerden
VEILIGHEID Lebo Duiker van die H/S JF dien gedurende 2011 op die skool se veiligheidskomitee en daarna as lid van die Junior Polisie Forum. Gedurende November 2011 neem hy deel aan n debat waaraan tien (van die aanvanklike 40) deelneem en verwerf die aanstelling JUNIORSTASIE BEVELVOERDER van die SAP Parkweg. Hy dring deur na die finale rondte en word aangewys as die JUNIOR PROVINSIALE KOMMISARIS VAN BESKERMING- EN VEILIGHEIDSDIENSTE. Hy verower hierdie aanstelling uit 600 leerders van oor die provinsie. Sy direkte mentor in die polisie is Brigadier D. Peterson.
NASIONALE REKENINGKUNDE OLIMPIADE Arina Neethling (links) en Chané Chappel (regs) van die Hoёrskool Jim Fouché het skitterend presteer deur onderskeidelik 2de en 3de te eindig in die Vrystaat in die S.A.I.P.A. Nasionale Rekeningkunde Olimpiade.
ANTON TAUTE Anton Taute, 'n Graad 11-leerder van die H/S JF is 'n leerder waarop ons met rede trots kan wees! Hier is sy prestasies van die afgelope kwartaal: - Nautilus Wiskunde Olimpiade - 1ste in die Vrystaat - Fisiese Wetenskap Olimpiade - 2de in die Vrystaat - Nasionale Rekenaarprogrammering Olimpiade - 3de in die Vrystaat - Afrikaanse Olimpiade - 7de in die Vrystaat - Met die jaarlikse Eskom Ekspo by die UV het Anton 'n goue medalje verower vir die beste algehele projek, die beste projek deur 'n seun en hy ontvang 'n studiebeurs ter waarde van R10 000 van die UV. Hy dring derhalwe ook deur na die Nasionale Ekspo in Boksburg.
AFRIKAANSE OLIMPIADE Die volgende leerders het puik presteer in die Vrystaat en Nasionaal in die Afrikaanse Olimpiade: V.l.n.r: Arina Neethling (Gr. 12 - 11de in Vrystaat) , Markus Vorster (Gr. 11 - 6de in Vrystaat), Linandi Bezuidenhout (Gr. 12 - 9de in Vrystaat), Pierre Rochér (Gr. 12 - 4de in Vrystaat) en Christelle Fourie (Gr. 12 - 6de in Vrystaat), M. Pretorius (Gr. 12 - 11de in Vrystaat), JM de Wet (Gr. 10 - 8ste in Vrystaat) en A. Taute (Gr. 12 - 7de in Vrystaat) was afwesig van foto.
ESKOM EKSPO Die jaarlikse Eskom Ekspo het plaasgevind by die UV. Die volgende leerders het medaljes ontvang vir hulle projekte: Voor: v.l.n.r: Naomi Maartens (Gr. 8), Izabel Barkhuizen (Gr. 9), Lizmari de Villiers (Gr. 8) Agter: v.l.n.r: Anton Taute (Gr. 11), Albert Nel (Gr. 8), Erasmus Adendorff (Gr. 9) en Freddie Jacobs (Gr. 9), Anton Taute ontvang die medalje vir die beste algehele projek , die prys vir die beste projek deur'n seun en 'n studiebeurs van die UV ter waarde van R10 000.
Die volgende leerders het deurgedring na die Nasionale Ekspo in Boksburg: Lizmari de Villiers, Naomie Maartens, Anton Taute en Erasmus Adendorff
PLUIMBAL Die pluimbal A-span van H/S JF eindig tweede plek in die SA Skole Kampioenskap. Hulle is v.l.n.r: Jannie de Wet , Francois du Toit, Louis Louw en Paul Bester
|