|
SPORT
ATLETIEK: SENTRAAL TOP 20
Baie geluk aan Marilize van Zyl D17 spiesgooi wat 42.66m gegooi het en Charné Menin D17 gewigstoot wat 12.25m gestoot het. Beide die leerders het onder die Top 50 prestasies van die dag geëindig.
Carlize Roets D15 behaal 'n eerste plek in verspring met 5.13m. Veroeshka Strauss D17 wen die 100m hekkies in 'n tyd van 14.95S. Ruben Heymans S19 wen die spiesgooi met 'n afstand van 57.08m. Geluk met die puik prestasies van al ons atlete op die byeenkoms!
@LANTIC 7'S
Baie geluk aan JF se eerste span wat die plaat kompetisie gewen het. Dit was 'n pragtige dag met skitterende en opwindende rugby!
RUGBY
JF se O/19A-span speel teen Sentraal. JF wen die wedstryd 19-12. Baie geluk aan al die leerders. Ons is trots op julle.
KRIEKET
O/15A
JF speel teen Centre of Exelence. JF kolf eerste en teken 109 lopies aan. COE antwoord hierop met 67 lopies. JF wen dus met 43 lopies. Kolwers: Cario Beyleveld (23) Boulers: John vd Berg (5 paaltjies vir 9 lopies) en Stefan le Roux (4 paaltjies vir 12 lopies)
Verder speel JF ook teen HTS O/15A. JF teken 71 lopies aan, waarna HTS 42 lopies aanteken. JF wen met 30 lopies. Kolwers: Ruan Crafford (17) Boulers: Ruan Crafford (4 paaltjies vir 12 lopies), Roelf Reyneke (3 paaltjies vir 7 lopies) en Cario Beyleveld (2 paaltjies vir 5 lopies)
Baie geluk aan JF met hul pragtige uitslae!
O/15B
JF O/15B speel teen St. Andrews O/15B. JF kolf eerste en teken 115 lopies aan vir die verlies van 9 paaltjies. St. Andrews antwoord hierop met 86 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. JF wens dus met 29 lopies. Kolwers: Gerhard Erasmus (51) en Geybert Loots (14) Boulers: Gerhard Erasmus (25-4) en MIka Erasmus (18-2)
SWEM
Die volgende leerders het rekords tydens die kleuregala verbeter: Piet Coetzee O/14 - 1 lengte borsslag Leendert Breedt O/16 - 1 lengte borsslag Janké Kotzé O/16 - 1 lengte borsslag Wian Smith O/16 - 1 lengte rugslag Jessica Osborne O/16 - 1 lengte rugslag GD Kotzé O/19 - 2 lengtes vlinderslag Conrad Groenewald O/14 - 1 lengte vryslag
Baie geluk aan elkeen van die leerders!
Baie geluk aan Conrad Groenewald wat tydens die "Otters Champs of the Future 2012" die volgende prestasies behaal het:
Seuns O/13 - 50 meter vlinderslag: 1ste plek met 'n tyd van 34.88 sekondes. Seuns O/13 - 50 meter vryslag: 2de plek met 'n tyd van 31.58 sekondes.
POTSPEL
Reinhardt Reyneke behaal die 2de plek in die Vrystaat Ope O/18 enkelspelkampioenskappe. Baie geluk!
|