|
Die Hoërskool Jim Fouché is besig met die bekendstelling van ‘n nuwe effektiewe vorm van kommunikasie, genaamd die Skoolkommunikeerder.
U ontvang ‘n CD met die program se sagteware. Plaas die CD in u rekenaar. Die program sal outomaties op u intreeblad (“desktop”) gestoor word. U kan selfs die program op verskillende rekenaars installeer. U kan ook die program aflaai van www.school-communicator.com.
Die skool sal inligting daarop plaas, wat dan outomaties op u “kommunikeerder” sal verskyn. Elke dag as u u rekenaar aanskakel en op die internet ingaan, sal die ”kommunikeerder” nuus, kalendergebeure, foto’s, kontakte en bronne oplaai waarop u kan kliek en lees.
Aanvanklik is dit belangrik dat u u “kommunikeerder” verpersoonlik, deur op “VERPERSOONLIK” te kliek en in die relevante blokkie te kliek. Dit is baie verbruikersvriendelik.
Voltooi die “BESONDERHEDE” volledig. Onthou om dit te verander indien enige inligting verander!
|