|
KULTUUR
Maandae is gelykstaande aan kook-lekker kultuur aktiwiteite. Kom wees deel van die kultuur-kookpot hier by JF.
Tye van die Kultuurbedrywighede op ‘n Maandag:
Koor: 16:00-17:00 Voortrekkers: 17:00-18:30 Landsdiens: 17:00-18:00
Bellissima ons uitmuntende dogterssanggroep
Dinsdae & Donderdae 17:00-18:00
Vlotkamp 2012
Die vlotkamp is elke jaar ‘n hoogtepunt op die voortrekkers se kalender, hierdie jaar was geen uitsondering. Die vlotkamp is saam met Jimmy Roos se kommando gehou en dit was groot pret. Die Graad 11’s het weer met die loure weggeloop deur die potjiekoskompetisie te wen.
Koorkamp
Ons koorkamp vind op 24 Februarie 2012 by Mizpah lodge plaas. Ons ledetal staan op 80. Ons sien met groot verwagting uit na die koor hierdie jaar.
Buitemuurs – Drama
Ons is baie bevoorreg om hierdie jaar ‘n student te hê wat die buitemuurse drama gaan behartig. Haar naam is Riëtte van der Watt. Die oudisies vir dié optrede sal eers in Mei plaasvind.
Indien jy graag noual iets soek om jou tande in te sink:
Engelse kunswedstryd @ St Michaels Schools for Girls 7-12 Mei
Kontak Liena van der Merwe indien jy belangstel om op te tree. Enige gedig, prosa, monoloog kan vertolk word. Daar is ook spreekkoor items.
Sluitingsdatum vir die inskrywings is Donderdag 15 Maart by Juf Liena van der Merwe 083 743 1856.
|