|
GOUE GERF OOMBLIKKE
OUDSKOLIERENUUS
Hiermee wil JF vir Anne-Mieke Plekker, oud-hoofmeisie 2007 en Werner Pretorius, oud eerste rugbyspanspeler, baie gelukwens met hul verkiesing tot die studenteraad van KOVSIES. Dit is voorwaar 'n puik prestasie. JF is baie trots op sy oudskoliere. Doen so voort.
AFRIKAANS OLIMPIADE
Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik prestasies in die Vrystaat en ook Nasionaal:
11de in Vrystaat: M. Pretorius (Gr. 12)
A. Neethling (Gr. 12)
9de in Vrystaat: L. Bezuidenhout (Gr. 12)
8ste in Vrystaat: JM de Wet (Gr. 10)
7de in Vrystaat: AH Taute (Gr. 11)
6de in Vrystaat: C. Fourie (Gr. 12)
M. Vorster (Gr. 11)
4de in Vrystaat: PC Rochér (G. 12)
FISIESE WETENSKAP OLIMPIADE
Na afloop van die Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade word die Top 50 leerders in elke graad na ‘n konvensie genooi. Hierdie konvensie het reeds in Potchefstroom plaasgevind.
Altesaam 17 van ons leerders eindig in elke groep onder die Top 50 van wie elf graad 11-leerders was.
Gr. 12 Onder Top 50
Etienne Purcell 8ste
Eduan Swanepoel 11de
Arina Neethling
Riaan Ackerman
Linandi Bezuidenhout
Chané Chappell
Gr. 11 Onder Top 50
Paul Bester 1ste
Anton Taute 2de
Johan Ingram 3de
Hanco Buys 6de
Francois du Toit 9de
Wilben Pretorius 12de
Markus Vorster
Riaan Venter
Alex Freitag
Santie Strydom
Elizna Venter
WISKUNDE
Baie geluk aan Josiah Meyer, wat deel was van die Suid-Afrikaanse Wiskunde B-span wat in Bali deelgeneem het.
NAUTILUS WISKUNDE KOMPETISIE
Vrystaat en Noord-Kaap
Gr. 8
Mari-Louise Vermaak 1ste
Jemima Meyer 4de
Gr. 9
Thinus van Rhijn 1ste
Josiah Meyer 2de
Gr. 10
Jan de Wet Linde 1ste
Jannie de Wet 3de
Gr. 11
Anton Taute 1ste
Paul Bester 2de
Hanco Buys 7de
NASIONALE REKENAAR- PROGRAMMERING OLIMPIADE
Gelukwense aan die volgende leerders wat onderskeidelik die eerste vier posisies in die Vrystaat behaal het in die tweede rondte van die Rekenaarprogrammering Olimpiade:
Eerste: Jan de Wet Linde (Gr. 10)
Tweede: Frikkie Jacobs (Gr. 10)
Derde: Anton Taute (Gr. 11)
Vierde: Jannie de Wet (Gr. 10)
HARMONY WISKUNDE OLIMPIADE
Geluk aan Josiah Meyer (Gr. 9) en Anton Taute (Gr. 11) wat na die derde rondte van die Harmony Wiskunde Olimpiade deurgedring het.
Dit is ‘n puik prestasie! Hulle is twee van slegs agt leerders in die Vrystaat wat na die derde rondte van hierdie olimpiade deurgedring het. Sterkte word aan hulle toegewens vir die 7de September wanneer hulle weer moet deelneem.
SKRYFPRESTASIES
Pierre Rochér behaal 'n 3de plek in die ATKV-Jip se poësiekompetisie vir die gedig Môrestond. Tammy Strauss publiseer met haar opstel Grootword in die Nasionale tydskrif Poort.
DEBATNUUS
Lize Botha, Marlise Coetzee en Leilani de Meyer is die Senior wenners Volksblad se Dink of Sin-kompetisie.
Bernadine Button, Josiah Meyer en Janke Kotze vlieg die 12de Augustus na Kaapstad om aan die Nasionale ATKV-debatskompetisie deel te neem.
NETBAL
Baie geluk aan Shandy Adams wat vir die Vrystaat Senior Netbalspan gekies is. Sy is ook aangewys as eerste reserwe van die SA O/19 netbalspan.
SKAAK
Rachelle-Mari Voges het aan die Statebondspele in Johannesburg deelgeneem. Sy eindig eerste in die O/16 dogtersafdeling! Sy word ook in die SA-span opgeneem wat aan die Afrika Skaakkampioenskap gaan deelneem.
DUBBELKAMP
Baie geluk aan Gerhard Potgieter wat in die SA Junior Elite (Junior Springbok) span ingesluit is wat op 24 September 2011 in Spanje aan die Wêreld Dubbelkampkampioenskap gaan deelneem.
JF VANG GEES
Baie dankie en geluk aan elke leerder wat die JF Geesvangaksie op die Vrystaat Rugbystadion bygewoon het. Hierdie aksie het plaasgevind net voor die superwedstryd tussen die Cheetahs en Sharks. Ons skool het hierdeur baie promosie gekry veral deurdat dit op die grootskerm vertoon is, sowel as tydens Supersport se hoogtepunte. Dankie aan me. Annemarie Malan en Annatjie Human vir al julle positiewe insette.
FNB CLASSIC CLASHES
Die Hoërskool Jim Fouché het Saterdag, 21 Mei 2011 een van sy hoogtepunte op sy jaarkalender beleef, met die aandbied van die FNB Classic Clashes. Hierdie jaarlikse instelling vind plaas teen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein. JF bied ook sy jaarlikse karnaval op hierdie naweek aan. JF se eerste rugbyspan het puik presteer deur Sentraal met 30 - 21 in 'n pragtige skolerugbywedstryd te wen. Baie dankie aan elke ouer, borg en personeellid wat hierdie heerlike dag moontlik gemaak het.
JF KARNAVAL EN VERJAARDAGVIERINGE
Tydens 13 en 14 Mei 2011 vier JF hierdie geleenthede tydens die FNB classisc clashes teen Sentraal by JF. 'n Groot hoogtepunt op ons skoolkalender. Kliek gerus op weekbrief "icon" om op hoogte te bly van reëlings.
BETHLEHEM CLOVER-ATLETIEK
Na afloop van hierdie byeenkoms word ons dogters aangewys as die WENNERS van die A-Afdeling.
Baie geluk aan elkeen van julle en baie dankie vir julle GROOT bydrae tot ons atletiek.
Dankie aan mnr. JP Botha wat die span vergesel het.
JF-gees
Wat ‘n wonderlike ervaring beleef JF nie in 2011 rakende die JF-leerders se ongelooflike, opgewonde gees tydens rasie-oefeninge, sportbyeenkomste. Baie dankie aan me. Annemarie Malan vir haar entoesiastiese inisiatiewe. Dankie vir elke leerder se samewerking. Julle maak JF ‘n spogskool!
|