|
AKADEMIE
AFRIKAANS OLIMPIADE
Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik prestasies in die Vrystaat en ook Nasionaal:
11de in Vrystaat: M. Pretorius (Gr. 12)
A. Neethling (Gr. 12)
9de in Vrystaat: L. Bezuidenhout (Gr. 12)
8ste in Vrystaat: JM de Wet (Gr. 10)
7de in Vrystaat: AH Taute (Gr. 11)
6de in Vrystaat: C. Fourie (Gr. 12)
M. Vorster (Gr. 11)
4de in Vrystaat: PC Rochér (G. 12)
FISIESE WETENSKAP OLIMPIADE
Na afloop van die Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade word die Top 50 leerders in elke graad na ‘n konvensie genooi. Hierdie konvensie het reeds in Potchefstroom plaasgevind.
Altesaam 17 van ons leerders eindig in elke groep onder die Top 50 van wie elf graad 11-leerders was.
Gr. 12 Onder Top 50
Etienne Purcell 8ste
Eduan Swanepoel 11de
Arina Neethling
Riaan Ackerman
Linandi Bezuidenhout
Chané Chappell
Gr. 11 Onder Top 50
Paul Bester 1ste
Anton Taute 2de
Johan Ingram 3de
Hanco Buys 6de
Francois du Toit 9de
Wilben Pretorius 12de
Markus Vorster
Riaan Venter
Alex Freitag
Santie Strydom
Elizna Venter
WISKUNDE
Baie geluk aan Josiah Meyer, wat deel was van die Suid-Afrikaanse Wiskunde B-span wat in Bali deelgeneem het.
NAUTILUS WISKUNDE KOMPETISIE
Vrystaat en Noord-Kaap
Gr. 8
Mari-Louise Vermaak 1ste
Jemima Meyer 4de
Gr. 9
Thinus van Rhijn 1ste
Josiah Meyer 2de
Gr. 10
Jan de Wet Linde 1ste
Jannie de Wet 3de
Gr. 11
Anton Taute 1ste
Paul Bester 2de
Hanco Buys 7de
NASIONALE REKENAAR- PROGRAMMERING OLIMPIADE
Gelukwense aan die volgende leerders wat onderskeidelik die eerste vier posisies in die Vrystaat behaal het in die tweede rondte van die Rekenaarprogrammering Olimpiade:
Eerste: Jan de Wet Linde (Gr. 10)
Tweede: Frikkie Jacobs (Gr. 10)
Derde: Anton Taute (Gr. 11)
Vierde: Jannie de Wet (Gr. 10)
HARMONY WISKUNDE OLIMPIADE
Geluk aan Josiah Meyer (Gr. 9) en Anton Taute (Gr. 11) wat na die derde rondte van die Harmony Wiskunde Olimpiade deurgedring het.
Dit is ‘n puik prestasie! Hulle is twee van slegs agt leerders in die Vrystaat wat na die derde rondte van hierdie olimpiade deurgedring het. Sterkte word aan hulle toegewens vir die 7de September wanneer hulle weer moet deelneem.
WêRELDKENNIS OLIMPIADE
Baie geluk aan Markus Vorster wat 'n goue sertifikaat ontvang vir sy eerste plek behaal in die Vrystaat vir graad 11-leerders.
AFRIKAANS EKSPO
Baie geluk aan al die leerders van ons skool wie se gedigte en prosastukke gekeur is om aan die Nasionale Ekspo deel te neem.
NAUTILUS WISKUNDE
Gr. 8
1ste Jemima Meyer
Gr. 9
5de Jeanné Bester
6de Josiah Meyer
Gr. 10
1ste Jan de Wet Linde
2de Jannie de Wet
Gr. 11
2de Anton Taute
7de Paul Bester
AKADEMIESE REëLINGS
Tweede Kwartaal
U het seker reeds gesien dat daar gedurende April talle vakansiedae is - ‘n “mini-vakansie”.
22 April Vakansiedag
23 - 24 April Naweek
26 April Skolevakansiedag
27 April Vakansiedag
28 - 29 April Skooldae
30 April - 1 Mei Naweek
2 Mei Vakansiedag
Om veral die koshuisleerders te akkommodeer het ons by die departement aansoek gedoen om op 28 en 29 April die skool te sluit. Hierdie tyd moet egter ingewerk word en vir dié doel beplan ons om die skooldag die tweede en derde kwartaal ‘n bietjie te verleng. Ons hoop nie dat dié reeling u enigsins gaan verontrief nie. Die reëlings sal, sodra gefina-liseer, aan u deurgegee word.
Assesseringstake/Huiswerk
U, as ouer, word gevra om toe te sien dat u kind(ers) hulle huiswerk gereeld doen, sodat u nie Juliemaand ‘n verrassing kry, wat na ses maande verloop het, moeilik reggestel sal kan word.
Die belangrikheid van assesseringstake kan nie genoeg beklemtoon word nie. Talle leerders moes al hulle graad herhaal as gevolg van take wat nie stiptelik en getrou gedoen en ingehandig word nie.
Elkeen van bogenoemde is ‘n UITKOMS WAT U KIND MOET BEREIK!
Voortaan sal leerders vir ‘n assesseringstaak wat nie ingehandig is nie, die daaropvolgende Vrydag by ‘n detensieklas moet aanmeld, waar sodanige take ingehaal sal word. U sal hiervan kennis kry. Hierdie reëling is in u kind se belang.
OUERAANDE: 26 - 27 JULIE en 18 OKTOBER
U word gevra om solank bogenoemde datums in u dagboek aan te teken. Op hierdie datums is daar oueraande, waar u die geleentheid sal kry om u kind se vakonderwysers te ontmoet. U sal egter self die afskprake met die onderwysers moet maak. In sekere gevalle sal die personeel ook met u ‘n afspraak maak.
Vir die skool is ‘n vennootskap met die ouer ‘n noodsaaklikheid. U word dus genooi om van hierdie twee geleenthede gebruik te maak.
Krisisse en ernstige probleme moet egter dadelik aangespreek word. Neem asseblief die vrymoedigheid om, indien nodig, met enige vak– of registerpersoneel in verbinding te tree. Die perso-neel sal u ook kontak indien u kind moontlik, weens een of ander oortreding, bv. klasontwrigting, uit ‘n klas gestuur is.
Ons verseker u van ons volgehoue ondersteuning en u kan enige tyd ook met my skakel indien u ‘n probleem het. Ernstige probleme moet dadelik aangespreek word sodat ‘n oplossing betyds gevind kan word.
M. Brümmer
Akademiese Hoof
TYE: REKENAARSENTRUM
Die Rekenaarsentrum is vir navorsing en tikwerk op die volgende dae tot leerders se beskikking:
Maandag: 13:45 - 15:30
Dinsdag: 13:45 - 15:30
Woensdag: 13:45 - 15:30
Donderdag: 13:45 - 15:30
Gebruik van die Internet R5-00
Swart uitdrukke 50c
KUNS: BLOEMSKOU-INSKRYWINGS
Inskrywings vir die Bloemskou-Kunskompetisie sluit die 22ste Maart 2011. Enige leerder kan inskryf. Inskrywing word by mev. C. van der Merwe in kamer 33 gedoen. ‘n Inskrywingsfooi van R8.00 is verpligtend.
EKSTRA KUNSKLASSE
Ekstra kunsklasse buitekurrikulêr word op Dinsdagmiddae vanaf 14:00 – 15:00 in kamer 33 aangebied. Mev. C. van der Merwe in kamer 33 kan vir enige navrae gekontak word.
KUNSPRESTASIES
Baie geluk aan Natasja Tait en Elrika Muller met hul puik onderskeidings in Kuns in 2010 se eindeksamen. JF is baie trots op julle!
|